Netumbo vra ook herlewing van Kalimbeza

Sedert die onafhanklikheidsvieringe op Katima Mulilo gehou is, het die kruppel Kalimbeza-rysprojek weer na vore getree. Die adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah vra nou, na ‘n besoek, die herlewing van die 2014-projek wat stilstaan sedert 2021, onder meer weens stukkende masjinerie en ‘n waterpomp wat vervang moet word. Sy het die projekbestuurder aangeraai om te begin voorberei en dinge in plek te stel sodat die projek teen Augustus vanjaar weer in werking kan tree. Die projek het ‘n toekenning van 8 miljoen Namibiese dollar van die  landbouministerie ontvang.