Netumbo vergader oor toegang tot weiding in Angola
Die minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah vergader later vandag met haar Angolese eweknie Téte António. Die twee sal beide die Ohangwena-streek sowel as die Cunene-provinsie in Angola besoek. Volgens wat berig word, sal weiding in die Cunene in Angola, deur Namibiese boere, onder die loep kom. Die kwessie het onlangs ‘n kwelpunt geword met Angolese boere wat ontevrede is omdat weiding ook in die buurland min is. Dit is ‘n eeu-oue praktyk wat ook bek- en klousiekte uitbrekings veroorsaak en wat die bestaan van die rooilyn noodsaak. Daar was ook onlangs berigte deur die Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga, dat van die Angolese boere plaaslike vee steel.