Netumbo sê internasionale gemeenskap is ondoeltreffend 

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah blameer die onstuimige geopolitiek en wat sy as die ondoeltreffende internasionale politieke stelsel beskryf vir die sukkelende onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord. Sy was die gasheer vir die Hoofmanne Forum-vergadering van die leiers van gemeenskappe wat deur die Duitse volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is. Sy sê die oorloë in Oekraïne en Gaza bewys die ernstige tekortkominge in die internasionale gemeenskap.