Netumbo Nandi-Ndaitwah as president het ekonomiese implikasies

Die Swapo-kongres oorheers steeds die nuus en veral die herverkiesing van Netumbo Nandi-Ndaitwah as vise-president van die party. Sommige Namibiërs is verheug oor die moontlikheid dat dit ‘n vrou sal wees wat die land sal lei na President Hage Geingob se termyn. Theo Klein van Simonis Storm sê wat dit vir Namibië sal beteken as ‘n vroulike president aan stuur van sake sal staan.

Klein sê op die oomblik is daar onbeantwoorde vrae oor ‘n ekonomiese faktore wat duidelikheid vir die toekoms moet gee.