Netumbo: Ministerie moet strategieë implementeer
Die adjunk-eerste minister en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar ministerie se bestuur aangemoedig om strategieë doeltreffend te implementeer. Nandi-Ndaitwah hoop dat die hul strategiese vergadering suksesvolle beraadslagings sal oplewer, met die uiteindelike doel om die ministerie se strategiese plan van 2017 tot 2022/2023 te ontwikkel, wat bedrywighede vir die volgende twee jaar tot 2025 sal lei, volgens die opdrag aan alle regeringskantore, -ministeries en -agentskappe in afwagting van die nuwe Nasionale Ontwikkelingsplan 6.