Netumbo loop deur na aanmerkings oor Windhoek

Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Itula, het skerp gereageer op aanmerkings deur die adjunk-premier, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy is van mening dat kitsvloede wat in die hoofstad voorgekom het, die skuld is van die munisipaliteit. Sy het Windhoek as hel beskryf en sê leierskap ontbreek. Sy het bygevoeg dat die kiesers die skuld moet dra omdat hulle vir opposisiepartye gestem het en nie vir Swapo nie. Itula sê leiers moet verantwoordelikheid aanvaar en moet objektiewe analises maak van die realiteite sodat daar vertroue in leierskap kan wees. Kenners meen sy het die aanmerkings by ‘n Swapo geleentheid gemaak en dus, is dit eintlik gebruiklik om opposisiepartye te blameer.