Netflix verhoog pryse nadat oplewing vervaag

Netflix het begin om sy pryse in sekere lande te verhoog. Die maatskappy se optrede teen gedeelde wagwoorde het tot verbeterde groei gelei, maat dit het nou begin vervaag. Die maatskappy sê hy het reeds pryse in Japan en dele van Europa sowel as die Midde-Ooste en in Afrika begin verhoog. Netflix het sedert verlede jaar meer as 45-miljoen nuwe lede gewerf en het wêreldwyd 282-miljoen intekenare. Ontleders verwag advertensies sal uiteindelik tot groot wins vir Netflix lei. Netflix het egter gewaarsku hy voorsien geen toename in advertensie-verwante groei voor volgende jaar nie.