Netbal: Wes-Kaap gereed vir Wêreldbeker-toernooi

Netbal: Die Wes-Kaapse regering sê hy is gereed vir die Wêreldbeker-toernooi wat oor sewe weke in Kaapstad afskop. Die eerste toernooi in Afrika vind vanaf 28 Julie tot 6 Augustus in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum plaas. Die woordvoerder van die provinsiale departement van kultuursake en sport, Tania Colyn, sê die provinsie is opgewonde om spanne van regoor die wêreld te ontvang. Sestien spanne gaan altesaam 60 wedstryde speel in twee groeps-afdelings en die uitklop-rondes.