Netanyahu vergader met Israel se oorlogkabinet
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sal na verwagting senior amptenare van sy oorlogskabinet ontmoet om voor te berei op ‘n moontlike aanval deur Iran. Dit sluit in die minister van Verdediging, Yoav Gallant en die opposisie-figuur Benny Gantz. Spanning loop hoog oor die moontlikheid dat Teheran kan terugslaan in antwoord op ‘n lugaanval byna twee weke gelede waarin senior Iranese bevelvoerders gedood is. Amerikaanse amptenare sê ‘n ‘uitdagende’ groot aanval op Israel is dalk binnekort ‘n moontlikheid, maar Israel sê hy is slaggereed.