Netanyahu vasbeslote om met Rafah-aanval voort te gaan

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy land se weermag gaan voort met sy beplande aanval in die dorp Rafah, in Gaza, en hou vol ‘n ontruimingsplan word beplan. Rafah het die jongste skuilplek vir meer as die helfte van die Gaza-strook se bevolking van 2,3-miljoen geword. Hamas sê ‘n Israeliese aanval in Rafah beteken die einde van gyselaarsonderhandelings. Netanyahu herhaal ‘n oorwinning oor Hamas is binne bereik.