Netanyahu uitdagend oor moontlike Rafah-aanval

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê diegene wat teen ‘n Rafah-offensief gekant is, sê eintlik vir Israel om die oorlog teen Hamas te verloor. Verskeie lande, insluitend Amerika en Brittanje, het Netanyahu gewaarsku om nie soldate na Rafah te stuur nie, veral oor die kommer oor burgerlikes wat daar skuil. Netanyahu sê hy verwerp enige scenario waarvolgens Hamas sy militêre en regerende vermoëns sal kan herbou.