Netanyahu sê aan Iran daar is nêrens waar Israel nie kan bykom nie

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, waarsku Iran dat Israel sal aanval indien dit eerste aangeval word. Hy het aan die Algemene Vergadering van die VN in New York gesê daar is geen plek in Iran of die Midde-Ooste wat Israel nie kan bereik nie. Afgevaardigdes, waaronder die van Libanon en die Palestynse gebiede, het uitgestap toe Netanyahu begin praat het te midde van toejuiging en woedende gille. Netanyahu het gesê na die leuens en beledigings van baie sprekers teen sy land, het hy besluit om feite reg te stel.