Netanyahu nog nie klaar met Gaza nie

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die dood van die Hamas-leier, Yahya Sinwar, beteken nie die einde van die oorlog in Gaza nie. Israelse magte het hom in Rafah doodgemaak. Sinwar was glo die baasbrein agter verlede jaar se aanvalle op 7 Oktober in Israel waarin 1 200 mense dood en 250 gyselaar geneem is. Dit het gelei tot ‘n Israelse aanslag op Gaza waarin sowat 42 000 mense sover gesterf het. Netanyahu sê die fokus is nou op die gyselaars se bevryding.