Netanyahu keur Gaza-onderhandelings goed
Die Isrealse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het nuwe onderhandelings oor ‘n skietstilstand in Gaza goedgekeur – ‘n dag na die wêreld se hoogste hof Israel beveel het om toe te sien dat dringende humanitêre hulp die Palestynse gebied bereik. Die jongste beslissing van die Internasionale Geregshof volg na Suid-Afrika die hof versoek het om ‘n bevel te versterk wat in Januarie aan Israel uitgereik is om alle moontlike maatreëls te tref ten einde volksmoord in Gaza te verhoed. Netanyahu se kantoor sê nuwe onderhandelings oor ‘n skietstilstand en die vrylating van gyselaars sal in die komende dae in Doha en Kaïro plaasvind.