Net Wes-Kaap het skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het onthul die Wes-Kaap is die enigste provinsie met amptelike skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld. Zulu het in antwoord op ‘n vraag van die DA-lid in die parlement, Bridget Masango, gesê die provinsie het ses fasiliteite wat deur die departement van openbare werke geskenk is, terwyl ander provinsies altesaam 134 skuilings het wat die regering in vennootskap met burgerlike organisasies ondersteun.