Net N$200m beskikbaar vir droogtehulp

Die Namibiese regering het erge tekorte om droogtehulp te voorsien. Amper 900 miljoen Namibiese dollar is nodig en volgens die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is daar net 200 miljoen dollar beskikbaar. Die premier het ‘n beroep op noodkomitees in die streke gedoen om hul politieke verskille opsy te sit en daarop te fokus om die mense in nood by te staan deur te verseker dat die begunstigdes betyds geïdentifiseer word sodat logistieke reëlings in plek is, aangesien haar kantoor die droogtehulp op 1 Oktober wil begin versprei. Sy het Covid blameer vir stedelike hongersnood en sê die kabinet wil die huishoudings insluit by droogtehulp voorsiening. Ongeveer 172 000 huishoudings sal na verwagting hoë vlakke van akute voedselonsekerheid tussen Maart 2023 en Junie 2024 ondervind en sal dringende humanitêre hulp benodig.