Net ‘n derde SIM-kaarte geregistreer
Teen einde September is daar net 33 persent van alle aktiewe SIM-kaarte in die land geregistreer. Volgens die kommunikasie-owerheid Cran, is daar amper 2,8 miljoen SIM-kaarte in die land. Die sperdatum is gestel vir 31 Desember maar, The Brief berig dat kaarte vir ‘n verdere 90 dae daarna se dienste wel opgehef sal word maar verbruikers kan steeds hulle kaarte dan registreer. Paratus se kliënte het amper al hul kaarte reeds geregistreer terwyl UCOM ten volle geregistreer is.