Net meer as N$44m in mosiehof geëis

Regters Hannelie Prinsloo Claudia Claasen en Eileen Rakow het vanoggend se mosiehof sessies hanteer met 88 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan tien op die reël 108 rol was. Kommersiële banke het 45 van die aansoeke gebring. Daar is 23 eiendomme met ‘n skuldlas van 35,3 miljoen Namibiese dollar wat opgeëis is. ‘n Totaal van 21 lenings met 8,8 miljoen dollar uitstaande is nou betaalbaar. Een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Rakow 45 onverdedigde egskeidings hanteer.