Net een van agt stukkende kragopwekkingseenhede van Eskom is herstel

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê slegs een van die agt kragopwekkings-eenhede wat Saterdag onklaar geraak het, is intussen herstel. Oberholzer sê die eenhede het onklaar geraak weens buise wat lek in die verouderde eenhede. Hy sê dit sal langer as tien dae neem om die skade aan die verskillende buise te herstel.