Net drie suiwelboere wat aan Nam Dairies verskaf

Die land se suiwelbedryf staar ‘n aansienlike uitdaging in die gesig, met slegs drie boere wat tans melk aan Namibia Dairies verskaf. ‘n Paar jaar gelede was daar 20 verskaffers. Goedkoper invoere en stygende insetkostes maak melkboerdery in die land uiters moeilik. Die lae vlak van die Hardapdam, waar meeste produsente hulself bevind, raak ook produksie. Die jongste navorsing deur die sentrale bank toon dat voerkoste tot 70 persent van die totale produksiekoste beslaan en die sektor ondervind ook mededinging van goedkoper invoere, hoofsaaklik uit Suid-Afrika.