Net 300 000 by openings van Spele toegelaat

Die Franse regering het bekendgemaak daar is ʼn beperking op die aantal toeskouers by die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Parys, as gevolg van kwessies soos sekerheid en ander organisatoriese uitdagings. Slegs 300 000 mense sal op die walle van die Seine toegelaat word wanneer die plegtigheid op 26 Julie op bote op die beroemde rivier plaasvind. Die minister van Binnelandse Sake, Gerald Darmanin, sê 100 000 kaartjies is reeds verkoop vir plekke met die beste uitsig, terwyl nog 200 000 toeskouers gratis toegang tot die boonste wal sal hê.