Net 2 uit 11 groenskemas verhuur

Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee oor die vordering van die verhuring van 11 groenskemas aan die privaatsektor. Minister Calle Schlettwein het die aankondiging gemaak in ‘n poging om produksie op die skemas te verbeter. Twee van die skemas is suksesvol verhuur – die Oranjerivier Besproeiingsprojek is aan Muadifam Enterprise vir 25 jaar gegee terwyl die sukkelende Uvhungu Vhungu Suiwelprojek aan ‘n gesamentlike onderneming tussen ‘n plaaslike maatskappy en een van Indië ook vir 25 jaar verhuur is. Die ander is blykbaar nog in proses. Daar is vroeër berig dat net 11 000 hektaar uit ‘n totaal van 52 000 hektaar wat besproei kan word, word tans in Namibië benut. Van die totaal is die 5 000 hektaar wat by Neckartaldam geïdentifiseer is en nog nie op dreef is nie, is ingesluit.