Dit gaan rof by die Rough & Tough-tydren

Dit gaan rof by die Rough en Tough-tydren. Ryers het Donderdag by Omaruru weggespring en die tydren strek oor drie dae en 1 000 kilometer. Dit is ten bate van die Kankervereniging van Namibië en die eindbestemming is Madisa-kamp, maar ‘n paar voertuie het reeds die gees gegee en tou opgegooi. Kosmos 94.1 Nuus se spesiale korrespondent by die tydren, Ernst Köhne het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…