Nes Nampol, sukkel SAPD ook met onderhoud op voertuie
Die DA in die Noord-Kaap het ‘n skriftelike versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig dat die aankoop van onderdele na diensverskaffers in die provinsie afgewentel word. Die provinsiale kommissaris, Koliswa Otola, het erken dat die uitgerekte proses om onderdele vir die polisie se voertuie te verkry, polisiëring in die wiele ry. Ofentse Mokae van die DA sê sekere polisiestasies, soos Roodepan, kan slegs nege van hul 29 voertuie gebruik omdat hulle vir onderdele wag om die res te herstel: