Nes in Kanada is inboorlinge ook in Nieu-Seeland mishandel
Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, het ʼn verskoning aangebied aan duisende slagoffers wat fisiese, seksuele, verbale of sielkundige mishandeling beleef het in staat- en geloofsgebaseerde sorg. Dit volg nadat ʼn verslag bevind het 200 000 kinders en kwesbare volwassenes is tussen 1950 en 2019 mishandel terwyl hulle in staat- en geloofsgebaseerde sorg was. Dit sluit mense uit die Māori- en Pasifiese gemeenskappe in. Luxon beskryf die mishandeling as afgryslik en hartverskeurend: