Nersa sluit fase 16-beurtkrag in sy riglyne in

Uit Suid-Afrika word daar berig dat die Nasionale Energiereguleerder sê hy is in die finale fase van die hersiening van die buurland se beurtkragriglyne. Die hersiening bevat volgens berigte besonderhede wat beurtkrag verby fase ses tot fase 16 neem en dit ‘n realiteit maak. Eskom het vroeër aangekondig dat hoër fases van beurtkrag oor die wintermaande verwag kan word.