Nersa keur gratis kragtarief goed
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ‘n gratis basiese elektrisiteitsprys van 194,40-sent per kilowatt-uur goedgekeur. Dit sal vanaf die eerste van volgende maand van krag wees. Hierdie tarief bepaal hoe munisipaliteite Eskom vergoed vir die lewering van gratis basiese elektrisiteit aan huishoudings wat kwalifiseeer vir noodsaaklike behoeftes soos ligte en waterverwarming. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die huidige maandelikse toelae van 50 kilowatt-ure word ook hersien weens veranderende ekonomiese toestande: