Nepalese Sherpa klim Everest 27 keer

‘n Nepalese bergklimmer en sherpa het die wêreldrekord verbeter vir die aantal kere wat die piek bereik is van die wêreld se hoogste, en een van sy dodelikste, berge. Die Sherpa, Kami Rita het gister vir die 27ste keer die kruin van Berg Everest bereik. Op dieselfde dag het die Britse berggids, Kenton Cool, vir die 17de keer ook die wêreld se hoogste punt bereik en só sy eie rekord, vir die meeste klimtogte na die kruin deur ‘n nie-Nepalees, verbeter. Die 53-jarige Kami Rita sê hy is nog fiks en gesond en sal aanhou om Everest uit te klim so lank as wat hy kan.