Nepal knikker so byna Proteas by T20-Wêreldbeker uit
Krieket: Suid-Afrika het Nepal met ‘n enkele lopie geklop nadat die Nepalese vanoggend in ‘n T20-Wêreldbeker-wedstryd in Kingstown, St Vincent, met die laaste bal uitgehardloop is. Die Nepalese het slegs agt lopies in die laaste boulbeurt nodig gehad en ‘n beskeie teiken van 116 gejaag, maar hulle het op ‘n pynlike 114 vir sewe geëindig toe Gulshan Jha met die laaste bal uitgehardloop is. Die Proteas se kaptein, Aiden Markram was baie verlig en sê hule sal uit die ondervinding leer.