Nekundi maak aantygings teen die regbank oor egskeidingswet

Die wetsontwerp op egskeiding wat deur justisieminister Yvonne Dausab in die Nasionale Vergadering voorgelê is, het hewige reaksie uitgelok. Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal dit die huidige egskeidingswet vervang en dit goedkoper en makliker maak om te skei. Die wetsontwerp stel onder meer voor dat egskeidings ook in landdroshowe afgehandel kan word, en nie net in die hoërhof, soos tans die geval is nie. Adjunkminister van werke en vervoer Veikko Nekundi het so reageer.