Nekongo is boos oor Swapo-kongres hofsaak

Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is in die Windhoekse hoërhof beveel om teen 30 Augustus antwoorde in te dien in die saak waarin vyf lede die party hof toe vat. Dit gaan oor die sentrale komitee se besluit om nie ‘n buitengewone kongres te hou binne 90 dae ná Hage Geingob se dood in Februarie nie. Die lede voer aan dat die besluit om die buitengewone kongres tot April volgende jaar uit te stel teen die party se grondwet is. Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, het tydens die Sentrale Komitee-vergadering wat die naweek gehou is, gevra dat die lede geskors word.