Nehawu versoek SA regering om voorsorgmaatreëls vir vierde vlaag te trefNovember 29, 2021

Nehawu versoek die Suid-Afrikaanse regering ernstig om genoeg voorsorgmaatreëls by gesondheidsgeriewe te tref vir die vierde vlaag van Covid-gevalle. Daar is vasgestel die nuwe Omikron-variant is die oorsaak van die toename in besmettings in Gauteng. Die vakbond se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, glo die regering doen nie genoeg om mense bewus te maak van die belangrikheid van inentings nie. Nkolonzi sê Nehawu neem kennis van die aankondiging van President Cyril Ramaphosa oor die nuwe variant wat in die land ontdek is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *