Nege wat verbind word met Tembisa-bedrog, werk steeds daar

Die DA in Gauteng sê geen stappe is nog geneem teen nege amptenare by die Tembisa-hospitaal nie. Dis reeds ses maande sedert ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid aanbeveel het hulle moet gedissiplineer word weens die onreëlmatige toekenning van kontrakte aan bedrieglike maatskappye. Die woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het bevestig die aanvoerder van die Gautengse Tesourie is aangewys om die dissiplinêre proses te begin en hulle wag nog op die afhandeling van interne prosesse: