Nege soldate dood toe twee helikopters in VSA bots

Nege soldate is dood toe twee Amerikaanse lugmag-helikopters in ‘n botsing betrokke was in Fort Campbell in Kentucky in die suidooste van die land. Die Black Hawk-helikopters was besig met roetine-opleiding toe die ongeluk plaasgevind het. Die helikopters word gebruik om militêre steun te verskaf tydens operasies, maar word ook as lugambulanse gebruik in mediese noodgevalle.