Nege-jarige maak geskiedenis in skaak

‘n Negejarige Britse meisie maak in September geskiedenis as die jongste mens om die land in ‘n senior internasionale byeenkoms te verteenwoordig. Bodhana Sivanandan van Londen is ingesluit in die nasionale span wat in die Hongaarse hoofstad Boedapest aan die skaak-olimpiade sal deelneem. Haar naasjongste spanmaat is die 23-jarige Lan Yao. Bodhana het in die Covid-19-inperking begin skaak speel en het in 2022 Engeland se eerste wêreld jeugkampioen in 25 jaar geword.