Nege GBV-gevalle in eerste nege dae van aktivisme
Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld kom volgende week Dinsdag, op Mensregtedag, tot ‘n einde. Sedert 25 November, toe die veldtog begin het, is daar ‘n intieme-moord, vyf verkragtings en een poging tot verkragting aangemeld. Intussen sê die lynminister Doreen Sioka dat tydens die 2023-24 boekjaar, daar 4 814 gevalle van geslagsgeweld aangemeld is. Dit kom neer op ongeveer 13 gevalle daagliks. Kenners meen net ‘n derde van gevalle word aangemeld. Khomas het die meeste gevalle gehad, gevolg deur Erongo en Oshana.