NEFF waarsku ECN oor deregistrasie

Die Namibia Economic Freedom Fighters sê die deregistrasie van sy party deur die Namibiese Verkiesingskommissie is voortydig. Die partyleier Epafras Mukwiilongo was nie beskikbaar om met die media oor die aangeleentheid te praat nie maar volgens partylid Michael Amushelelo, het hulle tot die einde van die maand gehad om state in te dien. Hy sê dis polities gemotiveerd en stuur ‘n waarskuwing aan die kommissie.

Die verkiesingskommissie sal later ‘n persverklaring oor die aangeleentheid uitreik maar die woordvoerder De Wet Siluka sê die party sal nie weer kan registreer vir die November verkiesing nie.