NEFF verskil van EFF oor LGBTQ-kwessies  

Die NEFF sê hy deel nie die sienings van sy Suid-Afrikaanse susterparty, die EFF, wat LGBTQ-kwessies betref nie. Dit is deur NEFF-parlementslid Longinus Iipumbu gesê ná ‘n onlangse protesoptog wat deur die EFF gehou is om Uganda se omstrede wette oor homoseksualiteit te veroordeel. Iipumbu sê  hulle is twee verskillende partye in twee verskillende lande met verskillende stelle wette. Hy sê NEFF se siening oor LGBTQ is in ooreenstemming met Namibiese wette, terwyl die sienings van die EFF volgens Suid-Afrikaanse wette is wat selfdegeslag-huwelike toelaat. Die NEFF word deur talle as ‘n kopie van die Suid-Afrikaanse party beskou.