NEFF stel manifes bekend, Amushelelo heraangestel
Die Namibia Economic Freedom Fighters het Saterdag sy verkiesingsmanifes in Windhoek bekendgestel. NEFF-leier Epafras Mukwiilongo het gesê as hulle aan bewind kom, sal 1 miljard Namibiese dollar belê word in Kunsmatige Intelligensie in die staatsdiens. Die projek sal deur Nust en Unam gekanaliseer word. Die party sal ook alle vorme van buitelandse grondbesit afskaf. Onderwyskommissaris Theresia Mushaandja is as die party se nasionale voorsitter aangestel, en Michael Amushelelo is amptelik heraangestel as ekonomiese kommissaris, nadat hy na die party teruggekeer het na ‘n kort verblyf by die LPM.