NEFF rig regsbrief aan ECN, gereed om te baklei

As die regsman Kadhila Amoomo korrek is, dan het die Namibiese Verkiesingskommissie voortydig opgetree deur die Namibia Economic Freedom Fighters as party te deregistreer. Amoomo het ‘n dringende brief aan die kommissie gerig en verskeie regtelike bepalings rakende die kwessie aangehaal. Hy eis dat die party onmiddellik weer geregistreer word omdat die kommissie self die finansiële state kon publiseer. NEFF sê hy is in ‘n skrywe in April tot 30 Junie gegee om sy state in te dien en te adverteer en hy was besig daarmee maar is reeds op 17 Junie skriftelik kennis gegee dat hy gederegistreer is.