NEFF kan aan verkiesing deelneem, deregistrasie tersyde gestel

Regter Thomas Masuku het vanoggend die Verkiesingskommissie van Namibië se besluit om die Namibia Economic Freedom Fighters in Junie te deregistreer, tersyde gestel. Dit beteken die party bly ‘n geldige geregistreerde party in die land en kan aan die November-verkiesing deelneem. Die partypresident Epafras Mukwiilongo het met plaaslike media gepraat en die kommissie gekritiseer vir die deregistrasie, wat volgens hom die party se veldtogte vir die komende verkiesing ontspoor het. Weens die deregistrasie is Mukwiilongo en sy adjunk, Kalimbo Iipumbo, uit die parlement gegooi.