NEFF hoor vandag oor deregistrasie
Uitspraak word vanoggend verwag in die dringende aansoek deur die Namibia Economic Freedom Fighters wat die verkiesingshof vir ‘n tussentydse interdik teen die Verkiesingskommissie gevra het. Dit kom nadat die party in Junie gederegistreer is. Die kommissie het NEFF en die Christian Democratic Voice op 17 Junie as politieke partye gederegistreer omdat hulle versuim het om finansiële state in te dien soos vereis deur die Kieswet. Die saak is deur die adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager aangehoor.