NEFF het nog niks gehoor oor 21 Maart-optog nie

Gregory Cloete, die Namibia Economic Freedom Fighters, of NEFF, se hoof van beplanning en mobilisering, het die Namibiese Polisie in kennis gestel van ‘n beplande betoging teen werkloosheid op 21 Maart vanjaar. Verlede jaar op dieselfde datum is die aktiviste Dimbulukeni Nauyoma en Michael Amushelelo, asook die parlementslid Inna Hengari by ‘n soortgelyke betoging gearresteer omdat Nampol se inspekteur-generaal Joseph Shikongo nie die betoging gemagtig het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cloete gepraat vir ‘n opdatering, wat sê hulle het alle protokolle gevolg om ‘n herhaling van verlede jaar se gebeure te vermy, maar kommunikasie is moeilik in terme van antwoorde vanaf Shikongo se kantoor.