NEFF daag vandag deregistrasie uit
Die Namibia Economic Freedom Fighters vra vanoggend in die verkiesingshof vir ‘n tussentydse interdik teen die Verkiesingskommissie nadat die party in Junie gederegistreer is. Die kommissie het NEFF en die Christian Democratic Voice op 17 Junie as politieke partye gederegistreer omdat hulle versuim het om finansiële state in te dien soos vereis deur die Kieswet. Die saak word deur die adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager as dringend om nege-uur aangehoor.