NEF wil ook eers gesprek oor minimumloon hê

Die Namibiese Werkgewersfederasie, vra dat die loonbevel deur arbeidsminister Uutoni Nujoma oor die nasionale minimumloon teruggetrek word. Die federasie sê in ‘n verklaring dat die besprekings, ná die vrystelling van die Loonkommissie se verslag, nog lank nie afgehandel is nie. Sy voorleggings, wat werkgewers se wesenlike bekommernisse uiteensit oor die ernstige implikasies vir indiensneming, is ook nie in ag geneem nie. Elias Shikongo, die federasie se president het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.