Nee wat Itula, koalisies werk nie eintlik hier nie
Panduleni Itula, die leier van die IPC, het verklaar hy sal kundiges van ander partye ook in sy kabinet verwelkom indien hy as president verkies word. Opposisiepartye het vroeër die oproep van die Republikeinse Party se leier Henk Mudge om ‘n koalisie teen Swapo in die verkiesing te vorm, verwerp. Ondanks vorige pogings tot koalisies, soos die Stad Windhoek-koalisie en die 2019 PDM-UPM-alliansie, het verdeeldheid sulke pogings onwerkbaar gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator Rui Tyitende gesels oor die kwessie en oor hoe haalbaar Itula se idee is in Namibië se politieke landskap.