Nee, malaria ‘kan nie teen 2027 geëlimineer word nie’

Die Globale Fonds het Namibië ‘n toelaag van sowat 619 miljoen Namibiese dollar gegee om MIV, tuberkulose en malaria te beveg. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê met hierdie hulp kan die land nul inheemse malariagevalle teen 2027 bereik. MIV en Vigs kan volgens haar ook teen 2026 as ‘n openbare gesondheidsbedreiging beëindig word, MIV-epidemiebeheer kan teen 2028 bereik word en TB kan aangespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Richard Kamwi, voormalige gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger by die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die eliminering van malaria sal nie moontlik wees in die nabye toekoms nie.