Nee, geen Namibiese troepe na DRK!

President Hage Geingob het die regering se besluit herhaal om nie troepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo te ontplooi as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se vredesending nie. Verlede week het die SAOG en die DRK-regering ‘n ooreenkoms onderteken vir die ontplooiing van troepe om die plaag van gewapende groepe te help bedwing. Geingob het by sy jaareind-media sessie gesê die DRK verander van vennote; Oos-Afrika is gevra om te vertrek, en die SAOG is veronderstel om in te tree. Hy voeg by Namibië het nie die middele om troepe te stuur nie, maar sal finansiële hulp verskaf waar dit kan.