Nee, eerste minister is nie kritiek siek

Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila herstel goed na ‘n geskeduleerde operasie by ‘n hospitaal in Windhoek, volgens die Kantoor van die Eerste Minister. Die aankondiging kom na gerugte op sosiale media dat die premier kritiek siek is. Rhingo Mutambo, woordvoerder die Kantoor van die Eerste Minister, sê Kuugongelwa-Amadhila het ‘n beplande operasie ondergaan en is in ‘n stabiele toestand. Die operasie was suksesvol. Daar word verwag dat die premier ten volle sal herstel en haar pligte mettertyd sal hervat, sê Mutambo.