Nederlandse museum vind kunswerk terug

‘n Nederlandse museum het een van sy kunswerke teruggevind nadat ‘n personeellid dit per ongeluk weggegooi het. Die werk met die titel Al die goeie tye wat ons saam deurgebring het, van die Franse kunstenaar Alexandre Lavet, lyk met die eerste oogopslag soos twee ingeduikte bierblikke. Dit is egter met die hand geverf met akriel. Die kunswerk was in ‘n hysbank uitgestal, en ‘n werktuigkundige wat nie die kunswaarde daarvan besef het nie, het dit in ‘n vullishouer gegooi. 

Foto: Yahoo News UK